top of page

FELICIA SNYMAN

Skrywer en storieverteller

Welkom by die boekrak
van my stories.

Waar verhale van liefde, hoop, 'n nuwe begin en ’n tikkie avontuur tussen die bladsye leef.

’n Keur uit my boeke

Harte in harmonie book cover
Liefde met 'n doelskop book cover
Hartslag book cover
Die ware avonture van Adelie en Riley: Die wakker akkers book cover
Benru se boomskok book cover
Chloe en die dino-baba book cover

Harte in harmonie

Liefde met ’n doelskop

Hartslag

Die Wakker Akkers

Benru se Boomskok

Chloe en die Dino-baba

Agter die stories

Agter elke storie is daar ’n skrywer — en agter elke skrywer ’n lewe vol inspirasie. Ek hou daarvan om ’n silwer randjie om die lewe se donker wolke te sit, saam met my karakters op avonture te gaan en weer te glo in die towerkrag van liefde.

Felicia Snyman-du Toit is in 1988 gebore in die industriële dorp Springs. Sy verwerf haar meestersgraad in regsgeleerdheid aan die Universiteit van Pretoria. In 2019 het sy met die liefde van haar lewe getrou. Hulle woon saam met hul kinders en ’n verskeidenheid van diere in Gauteng.

​

Felicia het in 2016 haar droom om ’n gepubliseerde skrywer in die liefdesgenre te wees, bewaarheid en spog met verskeie titels onder haar eie naam. In 2023 is haar eerste kinderboekreeks, gebaseer op haar dogter en Boston-terriër, gepubliseer. In 2024 publiseer sy haar eerste fantasieboek. Sy geniet dit om die uitdaging van verskillende genres aan te pak.

​

Sy is versot op Boston-terriërs, musiek, dans, lees en haar familie. Felicia glo ook tee maak enige iets beter – selfs ’n gebroke hart.

Felicia Snyman photo

'n Spesiale oomblik

Imbali award winner 2026 for the Afrikaanse Romance novel: Liefde met 'n doelskop

In die media

"While watching them, the stories started forming in my head and before long, they came to life."

"Felicia Snyman du Toit is onlangs met 'n nasionale toekenning beloon vir haar skryfwerk."

"Wat kinderboeke eintlik moet doen, is om kinders deel van die karakters se leefwêreld te maak."

UNIVERSITY OF PRETORIA

UP law graduate publishes Afrikaans children’s book series

VAALWEEKBLAD

Vaal skrywer met toekenning beloon

Krooslei Felicia Snyman-du Toit na kinderboekwêreld

MAROELA MEDia

Koop die boeke

My boeke is by toonaangewende boekwinkels en aanlyn boekhandelaars beskikbaar.

LAPA Uitgewers        Graffiti Books        Amazon        Exclusive Books       Bargain Books        Wordsworth Books       Readers warehousE

bottom of page