Most of the inspiration for my writing comes from my work as a divorce attorney and conversations with people I hold close to my heart. I see the sad parts of others in which there is so much potential for a happy ending. My love for writing will never tire for as long as there are hearts out there with a story to tell.

I started my journey as published writer at the age of 26 and will never look back from this wonderful journey. My first titles are published under Romanza as a part of Lapa Publishers who is a division of Penguin Random House SA (Pty) Ltd. Together with my flourishing path I also have a tradition where I photograph the first copies of each book with my Boston terrier.

All books available at good bookstores and as e-books.

Romanza’s under Lapa Uitgewers

Rouxlé is ’n onafhanklike vrou wat nie ’n man nodig het nie. Sy wil wel een hê. Meer spesifiek, sy wil vir Francois hê. Sy sluk haar trots en stel haarself aan hom voor, maar hy maak dit duidelik dat haar bravade hom nie beïndruk nie. Haar brein skreeu vir haar dat sy wye draaie om hom moet loop, liefs van hom moet vergeet, maar haar hart het ander planne. Francois besef gou dat hy ’n fout gemaak het. Rouxlé het dadelik ’n indruk op hom gemaak en hy sal enigiets doen vir ’n tweede kans. Al is dit om sy eie trots in die sak te steek en aan homself te erken dat die vurige rooikop met die eksentrieke hare reeds in sy hart leef.

Analene se ontmoeting met Reuben is vir haar groot verleentheid. Sy weet ook nie hy is ʼn rugbyspeler van formaat nie. Omdat sulke ouens kies en keur onder die meisies, steur sy haar min daaraan dat hy haar geselskap so knaend opsoek. Sy verloor egter haar hart op hom toe seisoene haar na ander sonnestelsels wegvoer. Toe sy hom egter saam met ʼn beeldskone meisie sien en hy boonop sonder haar medewete besluit om oorsee te gaan rugby speel, weet sy Reuben is haar nie beskore nie. Is alles altyd soos dit op die oppervlak lyk, of is daar ʼn mooier storie, ʼn sprokiesverhaal met haar en Reuben in die hoofrolle?

Olivia moet ʼn meenthuis met die ongelooflike aantreklike Sashen deel. Hy is boonop ook gaaf en ʼn ware gentleman, en Olivia se vasgeroeste hartsnare begin blitsig weer allerhande vreugde liedere tokkel as sy hom net sien. Sy dra egter swaar aan die bagasie van die lewe en wil nie vir Sashen ʼn kans gee om haar hart te wen nie. Wie sê hy sal nie ook net weggaan as sy hom nodig het, soos haar stiefpa met haar ma gemaak het nie? Hoe kan sy enige man ooit vertrou? Sashen help haar om haar duiwels die een na die ander te besweer, maar sal sy so ver gaan as om hom die boendoe in te volg?

Delia keer terug plaas toe na ʼn onsmaaklike insident in die buiteland, en ontmoet die aantreklike Adriaan. Hy kuier gereeld op die plaas en haar hart begin gou soos ʼn akrobaat sin klop as hy in die omgewing is. Maar Adriaan het bagasie uit die verlede waarmee hy nie wil vrede maak nie en dit kortwiek alle kanse op ʼn verhouding tussen hulle. Boonop sin hy rooi oor haar vriendskap met sy halfbroer. Toe hy uitvind sy help sy stiefma om die erfplaas te behou, onttrek hy heeltemal van haar. Al breek haar hart, sien sy in elk geval nie vir so ʼn stiksienige mansmens kans nie. Of sal die bordjies verhang kan word?

Mackenzie ontmoet vir Scheepers, ʼn droom van ʼn man, in die ry by die stembus en van die begin af is Kupido baie bedrywig by die twee. Net toe dinge tussen hulle op dreef kom, bel Mareike hom en los hy Mackenzie sonder enige verduideliking soos ʼn warm patat, want vir Mareike doen hy enige iets. Toe dit sowaar ʼn tweede keer gebeur is Mackenzie se hart behoorlik gebreek en besef sy, sy moet besluit of sy bereid is om met die spook van sy oorlede vriend, asook dié se suster se listigheid saam te leef, en of sy liewer Kaap toe moet gaan. Wanneer sy haar finale besluit neem, protesteer haar hart luidkeels, maar het sy ʼn ander keuse?

Leila en haar professor moet hulle veldwerk in die boendoe afsluit en sy ontmoet vir Leander, die prof se seun, wat haar van meet af verkeerd opvryf. Toe haar kêrel Victor ongenooid by die kamp opdaag, is die gort gaar en beëindig sy die verhouding. Leila besef sy het Leander liefgekry, maar val haar elke keer disnis teen die struikelblokke in hulle pad. Leander stel in elk geval nie regtig in haar belang nie, of hoe? Maar Leila se befoeterde oupa laat nie met sy kleindogter mors nie, en glo die doel heilig sy gekonkel, al moet hy ‘n wynplaas inspan om haar geluk te verseker.

Ellannè gaan werk as professionele jagter op ‘n wildsplaas. Stephan, die ongelooflike aantreklike buurman, se houding teenoor haar is onverklaarbaar negatief, en sy weet by hom is daar vir haar as vrou geen genade nie, al maak haar hart vreemde bokspronge as hy naby is. Sy weet gelukkig hoe om mans te vermy, en sal haar bloot nie aan hom steur nie. Stephan se misplaaste jaloesie dryf ʼn wig tussen hulle in, en toe Ellannè haar in ʼn benarde posisie in die bos bevind, twyfel sy of sy op sy hulp kan staatmaak. En sal daar ooit vir hulle ʼn toekoms saam wees as hy – én sy – aan die spoke van die verlede vasklou?

Rinamari is klaar met mans. Hulle is almal slinks, onbetroubaar en opperste leuenaars. Sy kry die geleentheid om op Witrivier te gaan werk ná Matthew se verraad. Sy ontmoet die begeerlike Alexander wat die vlinders in haar maag op loop jaag en vergeet haar voornemens om nooit weer iets met mans te doen te hê nie. Elke keer wanneer sy egter ʼn probleem ondervind of hulp benodig, is Alexander daar. Maar Matthew het steeds duistere motiewe en verskyn opnuut op die toneel om haar lewe hel te maak met sy dreigemente. En ter wille van Alexander gee sy elke keer in.

By die Nampo-oesdag loop Christabella haar vas in Le Roux, ’n blou-oog marmerman, wat haar verkeerd opvryf. Le Roux is haar swaer se vriend en hulle sien mekaar nou noodgedwonge gereeld – dan spat die vonke. Christabella is in Kroonstad om ongerymdhede by ’n tak van haar werk te ondersoek. Henk, met sy gladde mond, gooi sommer van dag een af flikkers by haar, maar dis Le Roux wat haar hart laat bokspring. Toe daar wel ’n slang in die gras by haar werk is, vind sy tot haar ontsteltenis uit sy is kniediep daarby betrokke en haar “bedrog” het alles te make met Le Roux en sy ouma se plaas! Le Roux maak geen geheim daarvan dat hy dink sy is skuldig nie. Christabella slaag daarin om die ware skuldiges te ontmasker, maar die vraag is: Sal sy Le Roux ooit weer kan vertrou? En hy vir haar?

Rosalene wil die man wat haar akademiese skryfwerk gekritiseer het behoorlik op sy plek sit, maar toe Luke voor haar staan laat sy donker gelaatstrekke haar opstandigheid wegsmelt. Hulle word onwetend in ʼn kuber-web vasgevang wat die passievolle liefde wat tussen hulle vlamvat tot op die uiterste toets.