Benru se boomskok: Die geheim van sy spesiale magte

Benru en sy boetie Wayne bly nou by hulle ouma. Sy is nie ’n liefdevolle ouma wat koekies bak en drukkies gee nie. Sy is saaklik en formeel. En sy steek iets weg. Benru is seker daarvan. Benru dink gereeld nog aan sy ouers. Hoe hulle skielik verdwyn het. Die polisie sê dat hulle dood is. Maar Benru is nie so seker nie … Deesdae is baie dinge vir Benru vreemd. – Het Wayne regtig deur ’n boom in Ouma se agterplaas geklim en DEUR TYD GEREIS? – Wie is die eienaardige mense wat aan die deur klop? Het Benru magte waarvan hy nie weet nie? Benru is in vir ’n wegholrit van ’n avontuur van tydsreis, geheime agente en spesiale magte!

Die ware avonture van Adelie en Riley: Die Swembadmonster

Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme!Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n wêreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip … In “Die Swembadmonster” verander ’n prettige dag in die swembad in ’n avontuur waarin ’n groot seekat vir Adelie en Riley probeer vang.Mamma en Pappa dink die twee maats speel te lekker.Maar hoekom is daar ’n stuk slymerige poot wat agter bly?

Die ware avonture van Adelie en Riley: Die Amadidas

Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme! Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n wêreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip … In “Die Amadidas” speel Adelie en Riley op die klimraam. Skielik is hulle omring deur baie bomme en bosse – die Amasone!Groot, kwaai voëls probeer hulle bykom. Adelie en Riley moet saamwerk om die vreemde voëls af te weer …Mamma en Pappa dink die twee maats speel te lekker. Maar hoekom bly daar groot blertse op die klimraam agter?

Die ware avonture van Adelie en Riley: Die Moesters

Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme! Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n wêreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip …In “Die MOEsters” gaan Adelie en Riley se gesin almal saam op vakansie. Hulle bly op ’n pragtige plaas waar daar allerlei plaasdiere wei. Maar hoekom tree die beeste ewe skielik snaaks op? Amper asof hulle zombies is … Hoe gaan Adelie en Riley uit die penarie kom?

Die ware avonture van Adelie en Riley: Die Wakker Akkers

Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme! Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture wat hulle beleef nie. Die agtertuin verander in ’n wêreld waarin daar allerhande monsters en vreemde kreature wegkruip … In “Die wakker-akkers” het Adelie en Riley met ’n heel ander “monster” te make. Die akkerboom in haar ouers se tuin gooi ’n klomp akkers af. Hoekom lyk dit vir Adelie of die akkers ’n vorm begin aanneem en vir haar en Riley aanval? Hoe gaan hulle die tornado van akkers keer?